
Die droom
Om die paasfees op 'n unieke manier te beleef regoor die stad van George.
Dit is die stad van George (die mense) wat dit aanbied - nie een kerk, nie een gemeenskap of deur een medium nie. Ons wil graag hande vat met kerke, geloofsgemeenskappe, teater groepe, kore, selgroepe, belangstellendes, ens. om 'n unieke ervaring te skep vir die mense van George en omgewing.
Die anker stuk is 'n verhoog produksie met sang en kore wat die storie van paasfees uitbeeld op 'n kragtige manier. Die bekende skrywer Maretha Maartens het 'n stuk genaamd 'Daar is die lam' geskryf wat opgevoer gaan word. Die stuk is al voorheen in Bloemfontein opgevoer en sy het die stuk (verniet) beskikbaar gestel aan die mense van George.
Ons beplan ook om geleenthede te skep vir ander kerke (of groepe) om bv. 'n "stap na die kruis", 'n "diens by die oop graf", 'n "biduur by die botaniese tuine" ens. aan te bied. Die George Passiespele is dus 'n hele paar geleenthede regoor die paastyd, waar daar dieper en op unieke maniere die paasfees gevier gaan word.
Wie bied dit aan?
Die stad van George (dus die mense / vrywilligers) met André Louw wat die rol van vervaardiger vertolk en Madie Calitz van Calindo Productions as regiseur van die verhoor produksie. Verdere rol verdelings sal op 'n latere stadium gedoen word. (Ons noem dit rolverdelings aangesien al die betrokkenes net daai rol vertolk, dit word nie gedoen tot eie eer nie, ons is net spelers in die produksie en uitvoerding van die plan).
Vir wie is dit tot bate?
Daar gaan ‘n ‘Non Profit’ geskep word. Inkomstes gaan gebruik word om die produksie te vervaardig, en moontlik te gebruik word vir ‘n volgende jaar. Daar gaan wel ‘n paar betaalde rolspelers wees. Dit is mense wat hul beroep beoefen om die produksie te vervaardig, en dit sal onregverdig wees om te verwag dat hul dit gratis moet doen. Meeste van die werk gaan deur vrywilligers behartig word. Die groot doel is om die koningkryk van die Here te bevorder.
Hoe kan jy betrokke word?
Ons het 'n opkomende geleenthede waar ons meer oor die visie gaan praat en ons nooi enige belangestellendes uit om te kom bywoon en hul dienste aan te bied.
Belangrike datums :
22 Julie @ 6nm
Bekendstelling en informasie deling.
TBA
Audisies en rolverdeling
Januarie - April 2026
Oefening en Voorbereiding
2 - 5 April 2026
Paasfees

Wie het ons nodig
Rolle vir produksie
- Jesus
- 12 Dissipels
- Pontius Pilatus
- Mans en Dames met ‘n spreek beurte
- Mans, Dames, Kinders van alle ouderdoms groepe, met geen spreek beurte
Daar is verskeie praat rolle, maar ook heelwat rolle wat net in die crowd is
Sangers vir produksie
- Daar is heelwat sang, wat deur soliste gedoen gaan word. Die stuk is nie ‘n ‘musical’ nie, maar daar is sang dwarsdeur die stuk
- Kore. Daar is ‘n paar geleenthede waar ‘n koor (of kore) nodig gaan wees
Musikante
- Daar is ‘n verskeidenheid van liedjies, met verskillende style. Ons kort ‘n paar klassieke instrumente soos viole, tjello asook meer hedendaagse instrumente soos kitare en dromme
Stel bouers
- Die stel is nie te gekompliseerd nie, maar daar is wel ‘n paar ‘props’ en dekor items nodig
‘Crew’
- Daar is plek vir ‘Stage Manager’, ‘Stage hands’, ‘Ushers’, ens.
Ander leiers
- Ons poog om ekstra geleenthede te hê oor die paasfees tydperk waar ander unieke maniere van paasfees ontdekking kan gebeur. Ons sien dinge soos ‘n ‘Stap na die kruis’ wat iemand kan lei en verantwoording vat.

